Ons Verhaal
Sommiges van julle weet dit al, ander nie. Maar ons vertel graag hoe ons storie begin het. Agt jaar gelede, op ’n hoërskool-rugbyveld. Stéfan was nuut in die skool. Na ’n klipharde tackle het hy vir oomblikke deurmekaar op die veld gelê. Met harsingskudding kyk hy skeel langs die veld op… en sien sommer nie net een nie maar drie van die mooiste Estée’s verby stap oppad na haar netbalwedstryd. Net daar sê hy vir sy vriend: “Daardie mooi meisie gaan ek nog trou!” Min het hy geweet dat sy wildste droom sou waar word.